
Verruklike kleure en teksture saamgevat in ’n besondere uitstalling wat Moeder Natuur asook die La Motte-wynlandgoed se pragtige en unieke blomme vier.
Dít is wat besoekers aan dié wynlandgoed in Franschhoek kan verwag as hulle die Fleurs de La Motte-uitstalling, met kunswerke deur Paula van Coller-Louw, gaan besigtig.
Paula het verlief geraak op blomme, spesifiek die bloeisels wat sy so graag skilder, toe sy en haar man in 2009 na Stellenbosch verhuis het.
“Ek het bewus geword van die buurman se kersieboom met bloeisels wat so mooi in ons oprit oorgehang het. Met dié bloeisels het ek my ouma se konfyt en haar spesifieke suur konfytkoekies begin mis. Dit het nooit weer dieselfde gesmaak nadat sy heengegaan het nie. ’n Mens aanvaar en raak bewus van die kosbare in die kleine, maar die gemis verdwyn nooit.”
Recent Comments