June, 2018
Rooi Rose: Kunsblom
By die dam blom die serrurias eerste, gewoonlik so in Mei- maand.” Eliz-Marié Schoonbee, kurator van die La Motte-museum op Franschhoek, is geesdriftig oor die uitstalling Fleurs de La Motte wat begin Februarie hier geopen het en nog tot 17 Junie duur. “Dit is ’n nuutjie vir ons, dié kombinasie van kontemporêre kuns en die veldblomme van die omgewing. Een van die twee kunstenaars, Toby Megaw, gaan boonop sy werk Blushing Bride tydens die uitstalling voltooi.”
Albei die kunstenaars, Toby Megaw en Paula van Coller-Louw, moes met die konteks van die omgewing werk – asof ’n spieël terugkaats na die biodiversiteit van die landskap. “Volhoubaarheid word reeds wetenskaplik op die plaas hier buite toegepas, maar nou word dit ook binne die museum deur die emotiewe lading van die kunstenaars gesuggereer.”